Wie Is Xander

XANDER JOUBERT - PERSVRYSTELLING / AARDBEWING

Wanneer jy die naam Xander Joubert hoor, draai gerus daardie volume knoppie op! Die Afrikaanse Popsanger en nuweling, stel binnekort sy eerste enkelsnit en album vry, getiteld “AARDBEWING”. Hierop spog hy met 11 uitstekende snitte wat die afrikaanse mark harte gaan roer.


Xander het die hele 2017 aan sy debuut album gewerk waar hy en Werner Beukes, sy mentor en nou ook goeie vriend, ontsettend hard gewerk het om hand uitgesoekte liedjies op sy album te plaas. Hulle uitgangspunt was om ‘n groot verskeidenheid op die album te sit sodat jonk en oud na Xander se musiek kan luister en geniet.


Musiek het sy pad gekruis op die ouderdom van vyftien. Xander het die volkslied gesing in die skoolsaal net soos al die ander 100de skooliere toe sy kultuur Juffrou tussen deur die kinders geloop en hom hoor sing het.


‘n Week later sing hy in ‘n sangkompitiesie wat hy ook wen. Dit was net die begin. Hy het daarna uitstekend gevaar en met die trofee weggestap. Na daardie oomblik het sy liefde vir musiek vlam gevat.


Xander was was ook die kultuur-seun en onderhoof-seun in sy matriek jaar. Na skool is hy ‘n kontrak aangebied om in Majorca te gaan sing wat hy ongelukkig van die hand moes wys.


Om te kan sing en op die verhoog op te tree is ‘n droom wat God nog altyd in sy hart geplaas het.


Xander se ander spesialiteit lê in die kombuis waar hy smul-lekker kos kan maak. Hy is ook sportief en speel enige tyd squash, tafel-tennis, tennis, gholf en swem ook deesdae gereeld.


Xander se debut musiekvideo van die enkelsnit AARDBEWING word eersdaags vrygestel wat deur bekroonde film maker Gerhard van Rooyen vervaardig is en belowe om harte te roer.

Musiek

Binnekort beskikbaar op iTunes en Google Play
Optredes

Sal binnekort beskikbaar wees.
NUUS

Nuwe Album
Wees op die uitkyk vir Xander Joubert se nuwe album!
Xander Joubert stel Junie sy eerste EP vry op iTunes wat die volgende treffers behels:
• Aardbewing
• Cheers vir Eers en
• Blus My

Die drie liedjies belowe om julle in n lekker saamsing, jol vibe te kry! Julle kan dromme verwag wat hard slaan, met n lyf wat buite beheer saam die pols van die musiek gaan wil beweeg. Wees ook op die uitkyk vir Xander Joubert se musiekvideo Aardbewing wat op Kyknet musiek, Youtube en Facebook sal verskyn. Daar wys Xander Joubert ons goed hoe dit lyk om nie ‘’cool’’ te wees nie, as ook dat mens kan verander in wie jy graag wil wees.

Spits ook julle ore vir die enkelsnit Aardbewing wat sal speel regoor die land se radiostasies.

Terwyl julle Xander Joubert se EP geniet is hy hard aan die werk saam sy vervaardiger Werner Beukes om sy debuut album te voltooi wat September landswyd beskikbaar sal wees.

Xander Joubert skop Oktober sy eerste “roadshow” af met sy debuut album waar hy in elke dorpie en stad van Suid-Afrika gaan optree. Ons bid God se seen oor julle almal!
Besprekings

Persoon

Volle Name:
Epos:
   

Kontak Besonderhede

Tel:
Sel:
Faks:
   
Dorp/Stad:
Provinsie:
Buitelands:
   

Organisasie Besonderhede

Organisasie:
Indien Skool:   Aantal Kinders:
   

Venue Besonderhede

Moontlike Datum:
Venue Naam:
Venue Address:
Venue Kapasiteit:
Venue Formaat:
   
Kommentaar  
 
  Stuur

VOLG XANDER OP SOSIALE MEDIA

Instagram
Facebook Twitter